Wie en Wat is die
AFRIKANER
van Vandag?

Deur H Labuschagne
Noem vandag die woord "Afrikaner" in enige land in die wreld, en die kanse is goed dat 99% van die aarde se inwoners nie mooi sal weet waarvan mens praat nie en dit mag n groot persentasie Afrikaners self insluit!

In oorsese lande, neem baie mense onmiddelik aan dat "Afrikaner" verwys na die swart mense van Afrika omtrent soos "Mexikaan" verwyse na iemand wat in Mexico woon. Noem die woord in Suid-Afrika, en baie liberaal-denkendes sal die woord met "rassis" vereenselwig of andersins dan, bloot met iemand wat die taal "Afrikaans" praat. Maar tog sal nie een van hierdie antwoorde korrek wees nie. Selfs Afrikaners stry oor presies wie en wat n regte Afrikaner is. Om die antwoord op hierdie vraag te vind, mag dit dalk nuttig wees om vir n oomblik terug te kyk na die geskiedenis van die mense wat vandag oor die algemeen as "Afrikaners" beskou word."

Afrikaners in die sewentiende eeu

Die vroegste grondlegger van die Afrikaner nasie, was n Nederlandse mediese dokter, genaamd kommandeur Jan van Riebeeck. In die jaar 1652, het Van Riebeeck opdrag ontvang om n halfweg-stasie by die Kaap van Goeie Hoop te stig, aan die suidpunt van Afrika. Die gedagte was om n voorrade basis daar te stel vir die enorme vloot Nederlandse skepe wat op daardie stadium die belangrike handelsroete om die Kaap na die Ooste, gemonopoliseer het. Saam met Van Riebeeck het n aantal Nederlandse werknemers gekom in diens van die Hollands-Oos-Indiese Kompanjie. Baie van hierdie persone sou nooit weer na Nederland toe terugkeer nie, en hulle vorm vandag die vroegste stamvaders van wat later die Afrikaner volk sou word.

Met verloop van tyd, het die "Kaap de Goede Hoop," soos dit toe bekend gestaan het, gegroei totdat dit n besonderse belangrike strategiese kol op die wreldkaart uitgemaak het. Daar was n voortdurende toestroming van Nederlandse burgers na die Kaap, en soos getalle uitgebrei het, het hierdie vroe koloniste geleidelik al dieper die binneland in begin trek op soek na lewensruimte en bewerkbare landbougrond. Later is na hierdie binnelanders as "Vryburgers" verwys, aangesien hulle geleidelik vry geraak het van Nederlandse beheer. Indien hierdie normale uitbreiding ongestoord voortgegaan het, sou mens seker kon verwag dat die "Afrikaner" van vandag, n betreklik suiwer Nederlandssprekende sou gewees het. Aardskuddende wreldgebeure sou egter spoedig anders bepaal...

Koms van die Franse Hugenote

In 1685 gebeur daar egter iets wat die wreldgeskiedenis dramaties sou benvloed. Die wel-bekende Edik van Nates word in Frankryk herroep, en oornag verdwyn die geloofsvryheid wat sedert 1598 deur Hendrik van Navarre gewaarborg was. Na dekades van relatiewe vrede word Protestantse Franse regoor Frankryk skielik deur die Katolieke meerderheid gejag, gemartel, van skole en besighede verbied en op groot skaal verdruk en vervolg. Hoewel die Protestantse burgers in die minderheid was, het ongeveer twee derdes van die land se aristokrasie aan die Protestantse geloof behoort. Ten spyte daarvan dat dit onwettig was om die land te probeer verlaat, het n enorme golf van emigrasie skielik gevolg. Tot-en-met die draai van die eeu, is daar bereken dat Frankryk n miljoen van sy beste burgers sou verloor. Reuse getalle het gevlug na ander lande in die vry wreld onder andere na Amerika, Duitsland, Brittanje en Nederland, en uiteindelik na die groen berge van die Kaap van Goeie Hoop.

In Nederland het omtrent 75,000 tot 100,000 Franse vlugtelinge, oftewel Hugenote, aangekom. In Nederland was hulle gulhartig ontvang, maar die groot invloei van vreemdelinge het die land wel onder druk geplaas. In die Kaap van Goeie Hoop was daar egter op daardie stadium n tekort aan koloniste. Veral geskoolde koloniste wat oor waardevolle kundigheid beskik het. Dit is hier waar die Franse Hugenote skielik as n bestiering beskou is, aangesien baie Franse vlugtelinge van die Franse wynbou streke afkomstig was. Baie was goed opgevoed en het oor ervaring en kennis beskik wat in die Kaap brood nodig was veral aangesien die nuwe goewerneur, Simon van der Stel, erg begerig was om n wynbou kultuur in die nuwe Nederlandse kolonie te vestig.

Die golf Franse Hugenote wat uit-eindelik na die Kaap gestuur was, het Van der Stel nie teleurgestel nie. Die nuwe koloniste het spoedig die Nederlandse sukkelende wynbedryf in n sukses verander en n nuwe klimaat van kultuur en voorspoed na die Kaap gebring. Van Suid-Afrika se prominentste en beroemde familiename het onder die Franse Hugenote hul oorsprong gehad. Name soos Marais, De Villiers, Joubert, Retief, Le Roux en Rousseau sou oor die komende eeue onveranderd bly. Ander sou met verloop van tyd egter verander word na n meer Nederlandse spelling en uitspraak. So bv., sou Cronier verander na Cronj, en Jourdaan sou Jordaan word, terwyl Pinard, Pienaar geword het, en Villon, Viljoen.

Hoewel daar aanvanklik konflik tussen die Franse emigrante en die Nederlandse owerhede was, het die Franse Hugenote en Nederlandse onderdane goed klaargekom. Aangesien beide groepe dieselfde geloof en grondstreke gedeel het, het integrasie maklik en gou plaasgevind. Teen die agtiende eeu reeds, het die Fransman Le Vaillant, opgemerk dat die Franse karakter al grootliks uit die Kaapse samelewing verdwyn het.

Britse okkupasie en vreemde invloed

Die Franse invloed het egter nie heeltemal verdwyn nie. Hoewel almal aan die Kaap Nederlands gepraat het, was die taal self al reeds besig om te verander. Die Franse invloed op die taal was merkbaar, terwyl woorde, idiome en uitdrukkings van ander inheemse tale hier-en-daar ook geleen en in die taal gentegreer is. Die woord "gogga" is bv. n ou Hottentot woord wat na enige tipe insek of kruipende gedierte verwys, en het spoedig deel van die nuwe spreekvorm geword. Teen hierdie tyd het die eens magtige Nederlandse teenwoordigheid op die wreldtoneel egter gaandeweg begin verswak en toe verkrummel. Brittanje was gou om die Kaap se strategiese waarde in wreldhandel te besef, en dit was nie lank nie, of die Kaap de Goede Hoop is ingelyf by die nuwe, groeiende Britse Ryk. Daar sou twee Britse okkupasies volg aan die Kaap terwyl Europa in vlamme sou opgaan tydens die Napoleontiese oorlo. Vanaf 1795 tot 1803 het Brittanje die bewind aan die Kaap oorgeneem. Vanaf 1803 tot 1806 was die Kaap onder die bewind van die Bataafse Republiek, en vanaf 1806 tot 1814, was die Kaap weer in Britse hande.

Die 1820 setlaars

Onder elke tydperk van Britse bewind, sou die Britse invloed in die Kaap al sterker word. Groot getalle Britse koloniste is ingevoer na die Kaap om in die staatsdiens werksaam te wees. Die grootste toestroming, was natuurlik die wel-bekende groot invloei van Britse Setlaars in 1820. Na afloop van die ontwrigting van die Napoleontiese oorlo, het grootskaalse werkloosheid in Engeland geheers. Daar is toe besluit om 1,000 Britse gesinne vanaf Engeland na die Kaap te verplaas, en uit-eindelik sou 1,000 mans en 3,000 vroue wel in die Oos-Kaap aanland. Hierdie koloniste was bedoel om n buffer te vorm tussen die veglustige inheemse swart stamme van die binneland, en die Kaapse koloniste. Daar het egter spoedig n redelike vermenging van Britse koloniste en Nederlands-Franse inwoners van die Kaap plaasgevind. Weereens het die Engelse teenwoordigheid n subtiele, maar sigbare merk op die taal en kultuur van die inwoners gelaat.

Teen die 1830's was die taal wat in die volksmond aan die Kaap gepraat was, lank nie meer dieselfde as ware Nederlands nie. Die nuwe dialek wat intussen so informeel gebore was, was dikwels sommer spottenderwyse "Kombuis-Hollands" of "Kitchen-Dutch" genoem. Hoewel die spreektaal nou "Kombuis-Hollands" was, het die geskrewe woord steeds opregte Nederlands gebly. Onder die nuwe Britse bewind was daar was egter grootskaalse onrus gewees in die Kaap en die Britse setlaars, sowel as die ou Kaapse inwoners het n stormagtige tydperk van oorlog, moord en verwoesting beleef.

Die Groot Trek Begin

n Hele reeks bloedige grensgevegte teen die aanliggende stamme het gevolg, en regdeur hierdie tydperk het die Kaapse inwoners gevoel dat daar op gruwelike wyse teen hulle gediskrimineer was deur die Britse owerhede. Gemoedere het dikwels opgevlam, sodat daar teen 1836 reeds n groot aantal koloniste was wat al dieper die binneland ingetrek het om van Britse oorheersing vry te kom. Die probleem was egter dat die Britse owerhede telkens die Kaap se grens aangeskuif het om die koloniste weereens in te sluk. Dit het uiteindelik daartoe aanleiding gegee dat die koloniste die situasie nie langer kon duld nie. Tussen die jare 1836 tot 1840 het n enorme volksverhuising skielik plaasgevind. Gedurende hierdie tydperk sou ongeveer 15,000 Kaapse inwoners hul waens pak en die wilde, onbekende binneland van Afrika binnetrek om vir hulself n heenkome te gaan vind wat so ver weg van Britse oorheersing sal wees as moontlik. Sedert hierdie tydperk is daar na die verhuisende Kapenaars as "Boere" of "Voortrekkers" verwys, en na die volksverhuising self as "Die Groot Trek."

Die binneland van Afrika was n wonderbaarlike wreld vol wrede woestheid, onbeskryflike skoonheid, baarbaarse wreedheid, en ongekende oorvloed. Op die vlaktes van die sentrale binneland het die Voortekkers wilds-migrasies van miljoene der miljoene diere gevind. Verstom het die Voortrekkers gestaan en kyk na troppe wild wat vir drie dae lank van horison tot horison gestrek het. Die Voortrekker het die binneland n uiters vreemde plek gevind. Sedert die draai van die eeu het n reeks verwoestende stam-oorlo onder die swart inwoners van die land gewoed soos nog nooit tevore in die geskiedenis van Suider-Afrika nie. Onder veral die wrede heerskappy van die Zulu koning Shaka, en ook Dingane en Mzilikazi is die laaste van die oorspronklike steentydperk se volkere finaal uitgewis. Daarna het die Nguni stamme mekaar uitgemoor op ongekende skaal. Shaka self het n totale "verskroeide aarde" beleid gevolg, waartydens enorme gedeeltes van die Suider-Afrikaanse binneland totaal ontvolk is. Duisende en tien duisende Nguni mense is uitgemoor en hulle nedersettings is in die grond in verbrand. Reuse gebiede op die suidelike Hoveld, Transvaal en Natal is heeltemal skoongemaak van inheemse stamme. Die enkele klein groepies oorlewendes het in baie gevalle in vrees geleef en n mensvreters-bestaan in die onherbergsame berg-streke gevoer. Voor hulle het die Voortrekkers slegs oop vlaktes gevind sonder teken van menslike inwoners. Die Voortrekker leiers het in enkele gevalle gemeld dat hulle slegs af-en-toe lank-verlate krale gevind het waarin slegs die as en beendere van die land se vroere volkere hulle begroet het. Die Voortrekkers het nooit werklik besef hoe enorm die skaal en omvang van hierdie moordproses was nie. Die plaaslike stamme sou later na hierdie tydperk wat minstens twee dekades geduur het, verwys as die Difeqane of Mfecane die "gedwonge verhuising" of "verplettering in totale oorlog." Tydens hierdie proses sou ganse nasies die terrein van Suid-Afrika in geheel verlaat en baie van hulle sou uit-eindelik hulleself hervestig tot sover as Sentraal- en Oos-Afrika, waar hulle nasate vandag nog woon.

Alhoewel die binneland van Suid-Afrika dus grootliks ontvolk en onbewoon was, was die Voortrekkers nogtans versigtig om die magtige bewindhebbende plaaslike swart stamme se grondgebied te vermy. Hulle het veral probeer om slegs deur die le, oop streke trek, maar nogtans het etlike bloedige gevegte gevolg soos die bewindhebbende Nguni volkere met die Voortrekkers gebots het. Die Voortrekkers was herhaaldelik aangeval, maar ten spyte van reusagtige oormagte was hulle tog meerendeels in staat om hulleself suksesvol te verweer. Die Voortrekkers het uiteindelik verdeel in verskeie streke en hulleself gevestig as suksesvolle landbouers. Vrede sou egter nie vir ewig duur nie.

Boere verloor nogmaals hul grondgebied

Nie lank na die Groot Trek nie, is steenkool in die Boere se Republiek van Natalia ontdek. Gevolglik het die Britse owerhede Natal geannekseer. n Kort veldslag het gevolg, en uit-eindelik is die Boere oortuigend verslaan deur n sterk Britse mag. Vir die tweede keer het baie Boere hul waens gepak om nogmaals te trek dieper die binneland in. Die gees van verset en koppigheid wat later so kenmerkend van die Boerenasie sou word, was toe al te bespeur toe die Boere vroue luid verklaar het dat hulle eerder "kaalvoet en sonder hoed oor die Drakensberge sal trek" as om weer onder Britse vlag te staan. Weliswaar het n gedeelte van die Boere in Natal agtergebly, maar die meerderheid het n tweede Groot Trek aangepak.

Op die vlaktes van die Oranje-Vrystaat en die nuwe Zuid-Afrikaansche Republiek (algemeen bekend as "Transvaal") sou die Boere ongehinderd voortleef as landbouers totdat daar in die vroe 1870's diamante in die Vrystaat, en goud in die Transvaal ontdek is. n Toestroming van buitelandse fortuinsoekers het gevolg. Eers het die Kaap sy eie grense uitgebrei om die nuwe diamantvelde van Kimberly in te sluk, en toe, in 1877 word die Transvaal deur Brittanje ge-annekseer. Vier jaar later het die Boere egter weereens die jeuk van Britse oorheersing eenvoudig te veel gevind, en breek die Eerste Anglo-Boereoorlog uit. Tydens vedslae soos di by Skuinshoogte en Majuba is die Britse ler deur die Boere kommandos verslaan, en uiteindelik is daar in 1881 tesinnig selfbeskikking aan die Boere toegestaan.

Die volgende moeilikheid het egter gekom toe daar in 1886 die grootste goudreserwes in die wreld ontdek is in Johannesburg, Transvaal. Die ou Boere was hoegenaamd nie verbaas toe daar weer oorlog uitgebreek het in 1899 nie. Hierdie keer sou die Tweede Anglo-Boereoolog duur tot 1902, en sou die Boere nasie as n volk n reuse slag toegedien word waarvan hy eers dekades later volledig sou herstel. Dit was ook nie n wonder nie, want teen hierdie tyd was Brittanje die grootste en magtigste Ryk in die geskiedenis van die wreld. Die Transvaal en die Oranje-Vrystaatse republieke was twee van die kleinste en swakste nasies op aarde, en nogtans het hulle bereid gestaan om alleen in n oorlog uit te vaar teen die grootste ryk in wreldgeskiedenis. Hierdie oorlog was die bitterste wat nog ooit tussen blanke volke in Afrika geveg was, en hoewel die Boere n besonderse eervolle militre rekord nagelaat het, sou die enorme oormag hulle nogtans breek. Die Tweede Anglo-Boereoorlog was in baie opsigte n besonderse bittere en harde oorlog wat die wreld se geskiedenis sou verander. Hierdie oorlog wat almal verwag het sou minder as drie maande duur, het drie jaar geneem voor die Boere se hardnekkige testand verbreek was. Selfs dan, was dit nie voordat die Transvaal en Vrystaatse Boere ongeveer 38 persent van hulle bevolking verloor het in militre aksie en die Britse konsentrasiekampe nie. Vir Brittanje sou dit die duurste oorlog wees sedert 1815 duurder as selfs die Napoleontiese oorlo en die Krim-oorlog! n Oorwinning teen n enorme koste van 200 miljoen pond, wat die Britse staatskas tot op die bodem gedreineer het, en wat 22,000 Britse menselewens uit n totaal van byna n half miljoen sou kos.

Met die einde van Tweede Anglo-Boereoorlog in Mei 1902, het die nasie wat aan die wreld bloot as "Boere" bekend was, se naam finaal en klaarblyklik spontaan verander. Van daardie tyd af, was die Boere volk bekend as "Afrikaners."

Ekonomiese en nasionale her-opbou, en Uniewording

Die na-oorlogse tydperk was besonder moeilik vir die Afrikaners. Met die meerderheid plase en klein dorpies op die Transvaalse en Vrystaatse platteland totaal verwoes, was die Afrikanervolk in relatiewe armoede gedompel. Maar onder leiding van hul oorlogtydse leiers soos generaals Louis Botha en Jan Smuts, het die verpletterde nasie vinnig weer begin opgang maak. In 1906 en 1907 is aan die Transvaal en Vrystaat "Verantwoordelike Selfbestuur" toegestaan, en dit was spoedig duidelik dat die Afrikaner-politieke leiers besig was om die politieke inisiatief in die land oor te neem. Onder nie nuwe Britse administrasie, is die vier provinsies van Suid-Afrika uiteindelik verenig as "Die Unie van Suid-Afrika." As leier van die Afrikaners van Suid-Afrika het die beroemde generaal Louis Botha verkies om n beleid van "versoening" na te streef met sy voormalige vyande. Hierdie beleidsrigting was sodanig effektief, dat hy spoedig n aansienlik Britse ondersteuning ook sou geniet.

Maar te midde van al hierdie politieke groei en ontwikkeling, was daar al reeds krake sigbaar in Afrikanergeledere. Daar was n groeiende element wat nie Louis Botha se "versoenings" beleid wou navolg nie, en wat gevoel het dat Botha en sy volgelinge te na aan hul voormalige vyande begin beweeg. Tydens die Eerste- en Tweede Wreldoorlo van 1914-1918 en 1930-1945 respektiewelik, het hierdie verdeeldheid verder gegroei. Veral toe Botha se regering aangekondig het dat Suid-Afrika die Britse Ryk sou steun in sy stryd teen Duitsland en die Spilmoondhede. Tydens die Eerste Wreldoorlog het n Afrikaner rebellie uitgebreek onder leiding van etlike belangrike Boere leiers wat verkies het om Duitsland te steun, en die geleentheid te gebruik om te veg vir hulle onafhanklikheid vanaf Groot Brittanje. Hierdie rebellie is egter geweldadiglik deur die Uniemagte onderdruk en uitgewis. Die Afrikaner Rebellie sou spore van verdeeldheid in Afrikaner midde laat wat nog vir dekades sou voortduur, want dit was vir alle praktiese doeleindes niks anders nie as n kort, maar bitter burgeroorlog.

Tydens die na-oorlogse jare het tydperke van droogte en ekonomiese swaarkry gevolg, en terselfdertyd het die Afrikaner as politieke wese stelselmatig al meer met n ontwakende swart politieke bewuswording begin bots. n Tydperk van ontwakende Afrikaner nasionalisme het in 1938 begin, en die Afrikaner se dominering van die politieke terrein in Suid-Afrika het voortgegaan totdat n groot dag in 1961 aangebreek het. Minder as sestig jaar na die verlies van sy politieke vryheid, het die Afrikaner weer die politieke teuels in Suid-Afrika oorgeneem toe die land volle politieke onafhanklikheid van Groot Brittanje ontvang het. Sedert hierdie datum sou die Republiek van Suid-Afrika n vrye en outonome land wees. Onder die nuut-verkose Nasionale Party, het die nuwe geslag Afrikaner leiers voortgegaan om die na-oorlogse bloeitydperk ten volle te benut. Die land se infrastruktuur is opgebou en ontwikkel totdat Suid-Afrika tereg beskou kon word as n model van sukses in Afrika. Tesame hiermee, het daar egter voortdurend rooi ligte geflikker. Daar was voortdurend moeilikheid aan die broei, wat voortgespruit het uit die beleid van Aparte ontwikkeling, wat die Nasionale Party nagestreef het. Steeds-ontwakende swart politieke bewuswording het al groter probleme in die land veroorsaak. Stelselmatig het Suid-Afrika as n geheel onder enorme wrelddruk gekom vir die afskaffing van sy beleid van "Apartheid." n Tydperk van relatiewe ekonomiese en politieke isolasie het gevolg toe die meeste lande van die wreld uit protes, handels- en politieke sanksies teen die land ingestel het.

Die einde van Afrikaner heerskappy

Die einde van hierdie era het in 1994 aangebreek, toe die land sy eerste totaal gelyke politieke verkiesing gehou het. Vir die eerste keer in dekades is die Afrikaner se ferme politieke houvas op die land finaal verbreek toe die swart meerderheid kiesers die Nasionale Party beslissend verslaan het in n algemene verkiesing. In die jare sedert die 1994 het dit duidelik geword dat die spore van verdeeldheid wat lank reeds in Afrikaner midde bestaan het, steeds teenwoordig is. In die n-Apartheidse Suid-Afrika, vorm Afrikaners nou n relatiewe klein minderheidsgroep, hoewel hulle nog n taamlike sterk greep op die land se ekonomie behou. As n politieke instrument, is dit ook duidelik dat die Afrikaner homself tans relatief leierloos bevind, en dat Afrikaner kieser vir die eerste keer op merkbare groot skaal sy lojaliteit aan ander politieke groepe toes.

Quo vadis, Suid-Afrika?

In n land wat gepla word deur toenemende armoede, verval van infrastruktuur, enorme korrupsie en misdaad, is die vraag wat op die lippe is van die moderne Afrikaner, n ou een. Dit is dieselfde vraag wat herhaaldelik deur n verslae volk gevra was na die Anglo-Boereoorlog. Dieselfde vraag wat homself telke male daarna herhaal het. Die vraag wat Afrikaners hulself vra is: Quo vadis? Waarheen nou? Die Afrikaners van vandag besef dat die tyd van n "Groot Trek" vir hulle as n volk finaal verby is. Vir die eerste keer ooit, is daar vir die Afrikaner geen ander keuse as om vas te staan en die bedreigings wat hom in die gesig staar, vierkantig aan te gryp nie. Die Afrikaner van vandag is dikwels verdeeld, mismoedig en pessimisties oor die toekoms. Meeste besef dat die konsep van n Afrikaner wat gou weer in n posisie van n vrye, onafhanklike nasie sal wees met volle self-beskikking, waarskynlik nie baie naby is nie. Elke jaar is daar n uitstroming van duisende meestal jong en goed geskoolde Afrikaners wat die land verlaat op soek na veiliger en vryer lewensomstandighede. Terselftertyd kom dit voor asof baie Afrikaners besig is om hul eiesoortige identiteit, kultuur en volkstots geleidelik te verloor, soos al groter vermenging met Engelstaliges en volksvreemdes plaasvind.

Maar ten spyte hiervan, bestaan daar nog steeds n sentrale kern van Afrikaners wat nog so uniek en kenmerkend uitstaan onder die see van nasionaliteite, as wat hulle voorvaders gestaan het. Die Afrikaner van vandag is versprei deur die land, verdun deur vreemde volkere, en dikwels gesaai oor die aarde. Die vraag of Afrikaners en Afrikaans in die toekoms nog as n aparte entiteit sal bly voortbestaan, is een wat dikwels gevra word. Dit is n vraag wat telkens groot debat uitlok, en waaroor die laaste woord nog nie gespreek is nie. Daar is diegene wat s dat die toekoms van n volk uiteindelik in sy eie hande l. Dat net n volk self, homself kan vernietig. Of dit so is, sal die tyd leer. Tot die tyd dan die antwoord op hierdie groot vraag gee, sal nog baie water in die see vloei en baie kan verander.

Die Afrikaner en sy toekoms

Waar mens vandag ookal deur die wreld reis, kan Afrikans in vreemde stede en lande gehoor word. Miskien sal die dag eendag aanbreek dat die Groot Trek inderdaad weer sal aanbreek maar miskien sal dit hierdie keer nie n uittog wees nie, maar n terugtog. Die Afrikaner was nog altyd van nature n opgeruimde mens met n skerp sin vir humor. n Volk met n sterk selfbeskermingsdrang. Een wat hardkoppig en buitengewoon selfstandig was. Hierdie is almal goeie eienskappe vir n volk wat wil oorleef en bly voortbestaan. Die Afrikaner was oor die eeue heen ook n volk wat bitterheid en lyding goed leer ken het, maar wat nog nooit hoop en moed opgegee het in die stryd nie. Byna n honderd jaar gelede het die Boerestryders n gedeeltelike antwoord gegee op die vraag van Quo vadis? waarheen nou? Miskien was dit nie soveel van n antwoord nie, as wat dit n vlam van hoop was, want dit het nie probeer voorspel wat in die toekoms sou gebeur nie, meer eerder net n versekering gegee van iets beters. n Aanmoediging, so eie aan die Afrikaner as wat die ou-ou gesegde van "Alles sal regkom," nog altyd was. Dit was n boodskap wat tot vandag toe in die Afrikaner posie verewig is. Wat ookal in die toekoms met die Afrikaner sal gebeur, weet ons miskien nie nou nie, maar een ding staan so seker as wat dit toe gestaan het:

"Voor in die wapad brand n lig...."